Go to AfricaBib home

Go to AfricaBib home AfricaBib Go to database home

bibliographic database
Line
Previous page New search

The free AfricaBib App for Android is available here

Periodical article Periodical article Leiden University catalogue Leiden University catalogue WorldCat catalogue WorldCat
Title:Perspektiewe op die finansiering van Suid-Afrikaanse universiteite
Authors:Steyn, A.G.W.ISNI
Vermeulen, P.J.
Year:1997
Periodical:Tydskrif vir geesteswetenskappe
Volume:37
Issue:4
Pages:248-263
Language:Afrikaans
Geographic term:South Africa
Subjects:educational financing
universities
Abstract:Die doel van hierdie oorsigartikel is eerstens om die problematiek rondom die finansiering van universiteite in Suid-Afrika te ontleed oor die tydperk 1951 tot en met 1997. In die ontleding is die volgende bakens van primêre belang: die Holloway-kommissie (1951), die Van Wyk de Vries-kommissie (1968), die SANSO (Suid-Afrikaanse Na-Sekondêre Onderwys)-subsidieformule (1982), en die Nasionale Kommissie vir Hoër Onderwys (1994). Die Onderwyswitskrif 3 getiteld ''n Program vir Hoër Onderwys Transformasie' (Julie 1997) is 'n direkte uitvloeisel van die vierde baken en dui ondermeer die huidige regering se siening van die toekomstige finansiering van hoër onderwys, met inbegrip van universiteite, aan. Gedurende die afgelope 40 jaar het dit by tye finansieel baie goed met die universiteite gegaan. Die algemene persepsie is egter dat die finansiële positie van alle universiteite (en technikons) in Suid-Afrika oor die afgelope aantal jare toenemend verswak. Die rede wat hiervoor aangevoer word, is dat die staat se subsidies afneem, uitstaande studentegelde toeneem, terwyl dit al hoe moeilyker word om ander inkomstebronne te ontgin. Vier belangrike uitdagings wat direkte finansiële implikasies vir die hoëronderwysstelsel in Suid-Afrika sal hê is massifikasie van die hoëronderwysstelsel, regstelling van ongelykhede, privatisering en afstandsonderrig. Bronnelys.
Views
Cover