| Previous page | New search |
The free AfricaBib App for Android is available here
Periodical article |
| Title: | Die konstitusionele ontwikkeling in Suid-Afrika met spesiale aandag aan die staatsfinansiële implikasies |
| Author: | Terreblanche, S.J. |
| Year: | 1989 |
| Periodical: | Tydskrif vir geesteswetenskappe |
| Volume: | 29 |
| Issue: | 3 |
| Pages: | 223-236 |
| Language: | Afrikaans |
| Geographic term: | South Africa |
| Subjects: | public finance constitutional reform |
| Abstract: | In hierdie artikel word spesiale aandag verleen aan die fiskale eise wat die grondwetlike ontwikkeling tot 'n parlementêre demokrasie in Suid-Afrika na verwagting aan die ekonomie gaan stel. Op grond van die aannames dat Suid-Afrika deel van die Westerse wêreld is en bly, word die grondwetlike hervorming en die staatsfinansiële praktyke van Wes-Europa as 'n verwysingsraamwerk gebruik. Hierdie skrywer onderskei vier fiskale paradigmas in die Westerse geskiedenis: merkantilisme, laissez-faire kapitalisme, demokratiese kapitalisme en die Nuwe Internasionale Ekonomiese Orde (NIEO). Daar bestaan tans in Suid-Afrika so'n groot verskeidenheid van konstitusionele voorstelle deur verskillende instansies en partye dat daar pleitbesorgers vir al vier die genoemde paradigmas is. Die fiskale paradigma van 'n ware demokratiese kapitalisme - soos dit in die 20ste eeu in die Westerse wêreld ontplooi het - sal ook in Suid-Afrika as model aanvaar moet word. Egter, die land is tans vasgevang in 'n kringloop waardeur die totale bevolking en veral die swartes armer word en dit steeds moeiliker gaan word om toepaslike sosiaal-ekonomiese en grondwetlike hervorming fiskaal te bekostig. 'n Ontsnapping uit hierdie situasie sal net moontlik wees indien 'n omvattende en toepaslike samewerkingsooreenkoms tussen die blankes, die swartes en die buiteland aangegaan kan word oor die aard, die tempo en die tydsduur van die oorgangsperiode na 'n nierassige stelsel van demokratiese kapitalisme. Bronnelys, samevatting in Engels. |