| Abstract: | Aan die hand van inligting met 'n oorwegend ideografiese karakter is tendense in verband met egskeiding en huweliksberaad in Mangaung, 'n heterogene stedelike gemeenskap naby Bloemfontein, Suid-Afrika, beskryf. Voorlopige resultate het daarop gedui dat die normale tradisionele norme ten opsigte van egskeiding en versoening ook in Mangaung geld. Dit was daarom opvallend dat die doelmatige gemeenskapsnetwerk, waarin die verbrokkelde gesin pas, die belangrikste steun in die voorkoming van verbrokkeling gelewer het. Vir vroue was die drie vernaamste oorsake vir egskeiding aanranding en verlating deur die man asook die man se nalating om sy gesin te onderhou. Mans het gewoonlik oor verlating, owerspel, en drankmisbruik deur die vrou gekla. Hierdie verskil in aangeduide oorsake was betekenisvol. Samevatting ook in Engels, verwijsings. |