Abstract: | Die struktuur van die nuwe Suid-Afrika word gebou op konsensus, wat heldere en duidelike kommunikasie vereis. In die eerste instansie is dit nodig dat alle partye by die konsensusvorming besef dat afkraking van Afrikaans die konsensusstrewe gaan verongeluk. Afrikaans moet as ampstaal nie in 'n oorgangstadium staan nie, maar aanvaar word vir dit wat hy is: die taal wat deur nagenoeg 14 miljoen mense in hierdie land gepraat en verstaan word. Egter, hoe gaan Afrikaans oorleef en sy aanspraak op 'n amptelike status behou as Afrikaners nie met elke greintjie krag Afrikaanssprekendes, bruin en swart, aantrek tot Afrikaans nie? Die skrywer, werksaam by die Nasionale Pers, bespreek strategieë op die terrein van die mediakommunikasie. 'n Oorgang in kommunikasie in die mediaverband impliseer dat die meerderheid mense in die land gespreksgenote moet word met en in media wat hulle outentieke stem kan oordra. Geleenthede moet geskep word deur Afrikaners vir toenemende deelname van swartes en gekleurdes. Ook in die uitsaaiwese moet geleenthede geskep word vir toenemender deelname deur swart mense aan dienste. Hierdie artikel is 'n referaat gelewer tydens die jaarvergadering van die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns, Stellenbosch, 19-21 Junie 1991. Samevatting in Engels. |