| Previous page | New search |
The free AfricaBib App for Android is available here
Periodical article |
| Title: | Selfkonsep as voorspeller van wiskundeprestasie by 'n groep st. 7-leerlinge |
| Author: | Marais, J.L. |
| Year: | 1993 |
| Periodical: | Tydskrif vir geesteswetenskappe |
| Volume: | 33 |
| Issue: | 1 |
| Pages: | 62-74 |
| Language: | Afrikaans |
| Geographic term: | South Africa |
| Subjects: | academic achievement mathematics education |
| Abstract: | Uit 'n ondersoek het geblyk dat daar tans in Suid-Afrika 'n groot tekort aan mannekrag op wiskundige gebied bestaan. Die vraag ontstaan of daar 'n verband tussen die selfbeeld en wiskundeprestasies van st. 7-leerlinge bestaan (vakkeuses word in hoërskole met Afrikaans as onderwysmedium gedurende die st. 7-jaar gedoen). In hierdie ondersoek bepaal die navorser empiries of die selfkonsep 'n beduidende bydrae lewer tot die voorspelling van wiskundeprestasies by st. 7-leerlinge. 107 st. 7-seuns en 160 st. 7-dogters van twee Afrikaans-medium sekondêre skole in Suidwes-Transvaal is as populasie in die ondersoek gebruik. Ondersoek is die bydrae van nie-akademiese selfkonsepveranderlikes, van akademiese selfkonsepveranderlikes, en van wiskunde-selfkonsepveranderlikes van die seuns en dogters saam en afsonderlik. Die gevolgtrekkings is dat die nie-akademiese selfkonsepveranderlikes geen, die akademiese selfkonsepveranderlikes wel, en die wiskunde-selfkonsepveranderlikes 'n belangrik opvoedkundig betekenisvolle bydrae tot die voorspelling van st. 7-leerlinge se wiskundeprestaties lewer. Bronnelys, samevatting in Engels. |