| Previous page | New search |
The free AfricaBib App for Android is available here
Periodical article |
| Title: | Die tradisionele wêreldbeskouing van die Khoekhoen |
| Author: | Hoff, Ansie |
| Year: | 1993 |
| Periodical: | South African Journal of Ethnology |
| Volume: | 16 |
| Issue: | 1 |
| Pages: | 1-9 |
| Language: | Afrikaans |
| Geographic terms: | South Africa Namibia |
| Subjects: | cosmology Khoikhoi San |
| Abstract: | Hierdie studie is die resultaat van 'n ondersoek wat op die kultuurterreine van die religie, sosiale organisasie en gesondheidsisteem van die Khoekhoen gedoen is met die doel om sentrale denklyne wat die Khoekhoe kultuur rig, te bepaal. Veldwerk is onderneem tussen 1985 en 1990 by die Nama in Namibië en in Klein Namakwaland in Suid-Afrika, en by die Kaapse Khoekhoen in Suid-Afrika. Die Khoekhoen het 'n beskouing van 'n kragbelaaide heelal wat in 'n hiërargie van kragte georden is: 'n hoër orde wat slegs manlike figure het en 'n laer orde wat die natuur en die mens omsluit. Die mens kom in die Khoekhoe-heelalbeskouing as 'n aktiewe dader in die bewaring van harmonie en as benutter van ander kragkomponente na vore. In die verhouding tussen die mens en die bonatuurlike is dit duidelik dat die rol van selfwerkende kragte as besonder belangrik beskou is en dat die kragdokter vroeër as waarsêer en geneser 'n besonder belangrike funksie moes vervul het. Naas die gedagte dat die heelal met krag belaai is, is 'n belangrike denklyn die gedagte dat dit wat goed is in die heelal reëlreg in teenstelling is met die bose. Bronnelys, noot, samevatting in Engels en Afrikaans. |