| Abstract: | Suid-Afrika, soos ander Derdewêreldlande, beskik oor vele ingewikkelde ontwikkelingsprobleme. Hierdie probleme is veeldimensioneel van aard en het dikwels 'n demografiese ondertoon. Die owerheid het reeds in 1974 'n daadwerklike poging aangewend om die hoë bevolkingsgroei in Suid-Afrika onder bedwang te bring. Egter die besef het gegroei dat die hoë bevolkingsaanwas nie slegs deur middel van 'n enkeldimensionele gesinsbeplanningsprogram aan bande gelê word nie. Daarom het die owerheid in 1983 'n omvattende Bevolkingsontwikkelingsprogram van stapel gestuur, waarvan die hoofdoelwit is die verhoging van die lewenstandaard van alle mense in Suid-Afrika. Nu word van die veronderstelling uitgegaan dat die fertiliteitskoers sal daal as die lewenstandaard verhoog word. Hierdie artikel bespreek die ontstaan en doel van die Bevolkingsontwikkelingsprogram, die strukture betrokke by die program, plaaslike komitees vir gemeenskapsontwikkeling en die implementering van die Bevolkingsontwikkelingsprogram. Bibliogr. |