Previous page | New search |
The free AfricaBib App for Android is available here
![]() |
![]() |
![]() |
Title: | Simboliek van tyd en ruimte by die Afrikaan: 'those who know don't say, and those who say don't know' |
Authors: | Erasmus, P.A.![]() Duyvené de Wit, H.E. |
Year: | 1995 |
Periodical: | South African Journal of Ethnology |
Volume: | 18 |
Issue: | 2 |
Pages: | 70-76 |
Language: | Afrikaans |
Geographic term: | Subsaharan Africa |
Subjects: | space time Peoples of Africa (Ethnic Groups) |
Abstract: | Die Afrikaan se konsep van tyd en ruimte is 'n populêre onderwerp in navorsing. Die meeste van dié studies is egter nie verklarend van aard nie maar bloot beskrywend. In hierdie navorsing is daar na 'n verklaring vir die eiesoortige tydruimtelike perspektief van die Afrikaan gesoek. Die data is uit die beskikbare literatuur oor onderskeie inheemse groepe in Afrika versamel. Ter inleiding word die rol, belangrikheid en betekenis wat antropoloë aan kultuursimbole toeken, in oënskou geneem. Dit word gevolg deur 'n uiteensetting van die Afrikaan se tydruimtelike beskouings. Sonder om unilineêre oorsaaklikheid te veronderstel, word die 'mandala'-simbool ('mandala' is die Sanskritwoord vir sirkel) as 'n moontlike verklaring vir die simboliek wat aan die tydruimtelike verbonde is, aangebied. Tydsverloop word deur die Afrikaan as siklies beleef en die ruimtelike konstellasie word as 'n eenheid ervaar. Sowel die sikliese as eenheidsgedagte is in die simboliek van die 'mandala' vervat. Bronnelys, note, samevatting in Engels en Afrikaans, verwysing. |