| Previous page | New search |
The free AfricaBib App for Android is available here
Periodical article |
| Title: | Binding, verdeling en balans: gemeenskap en gemeenskapsbewussyn in 'n landelike nedersetting |
| Author: | Fischer, At |
| Year: | 1997 |
| Periodical: | South African Journal of Ethnology |
| Volume: | 20 |
| Issue: | 4 |
| Pages: | 170-180 |
| Language: | Afrikaans |
| Geographic term: | South Africa |
| Subjects: | Hlanganu social networks |
| Abstract: | Seville is 'n landelike nedersetting in die suidoostelike hoek van die Mnisi-stamgebied in Mhala distrik in die Noordelike Provinsie, Suid-Afrika. Met om en by 80 huishoudings is dit een van die kleinste nedersettings in Mhala. Armoede domineer die lewe in Seville. Die gebrek aan materiële sekuriteit plaas groot druk op sosiale bronne. Dit skep enersyds onderlinge afhanklikheid en noodsaak samewerking maar lei andersyds ook tot kompetisie en skep spanning en konflik. Hierdie artikel ondersoek die omstandighede wat die inwoners van Seville binne gemeenskapsverband saambind asook die omstandighede wat inwoners onderling verdeel. Daar word allereers aandag gegee aan die daaglikse omgang tussen die inwoners van Seville as die boustene van sosiale verhoudings. Daarna word die verhoudinge wat die gemeenskap bind, en dié wat die gemeenskap verdeel, bespreek. Die netwerke wat verbind is gebaseer op natuurlike bronne, onderwys, werk en die sokkerklub; netwerke wat verdeel is familiegroepe, buurtskap en die kerk, en netwerke gebaseer op materiële differensiasie. Die sosiale lewe in Seville bestaan in 'n funksionele dog onstabiele balans tussen die kragte wat bind, en die kragte wat verdeel. Bronnelys, note, samevatting in Afrikaans en Engels, verwysing. |