Go to AfricaBib home

Go to AfricaBib home Africana Periodical Literature Go to database home

bibliographic database
Line
Previous page New search

The free AfricaBib App for Android is available here

Periodical article Periodical article Leiden University catalogue Leiden University catalogue WorldCat catalogue WorldCat
Title:Afrikamaskers vandag
Author:Esterhuyse, Petro
Year:1998
Periodical:South African Journal of Ethnology
Volume:21
Issue:2
Pages:70-77
Language:English
Geographic term:Subsaharan Africa
Subjects:exhibitions
masks
Abstract:In die uitstal van Afrikamaskers vir 'n oorwegend Westers georiënteerde gehoor, kan op verskillende aspekte gefokus word: die estetiese aspekte, die etnografiese aspekte, en 'n kombinasie van hierdie twee met inagneming van die uitsprake en nuwe sienswyses sedert die tagtigerjare. Hierdie artikel gaan die mens se verhouding tot objekte in die algemeen in histories-teoretiese verband na (die kunshistoriese, funktionalistiese, strukturalistiese, en post-modernistiese benaderinge). Vervolges word bespreek wat van hierdie teorië benut kan word om die mens se verhouding tot maskers beter te verstaan. Wanneer die aandag daarop gevestig word dat die mens-objek verhouding deur 'n lewenslange proses beslag kry, is dit duidelik dat die tydsdimensie 'n belangrike eienskap is van die verhouding, asook die aard van beide mens en objek. Ter illustrasie word drie aspekte van die tydsdimensie van maskers bespreek: die feit dat maskers dikwyls die mens oorleef; die tydsgebonde identifisering van die karaktereienskappe van maskers; en die efemeriese aard van maskers waarin die mens dikwels bepalend is vir die vergaan of verandering van die masker. Noot, bronnelys, samevatting in Afrikaans en Engels.
Views