Abstract: | Ondanks president Thabo Mbeki se mooi woorde dat die Afrikaanse taalkwessie 'korrek, sensitief en spoedig' gehanteer moet word, het die aftakeling van Afrikaans in Suid-Afrika voortgesit in 2000. Wat die meeste verset gewek het, was die aankondiging van 'n voorneme om van Engels die enigste verslagtaal in die howe te maak. Ondanks die terugslae en negatiewe verskynsels was daar in 2000 ook suksesverhale en prestasies. Hierdie kroniek doen verslag van die belangrikste ontwikkelings: LitNet en KykNet; die ope brief aan president Mbeki van 'n groep Afrikaanse intellektuele in Oktober 1999; die minderheidsregtedebat; Dan Roodt en die stigting van die pro-Afrikaanse Aksiegroep Praag; die Boetman-debat; die Groep van 63; die in 1999 gekonseptualiseerde Taalsekretariaat; 'n ondersoek in 1999-2000 van die Stigting vir Afrikaans; die groei van die Mynwerkersunie tot MWU-solidariteit; en die Vrydaggroep. Die jaar 2000 was vir taalpolities bewustes die opwindendste wat die Afrikaanse taalgemeenskap in dekades beleef het. Maar geen private inisiatief deur individue kan herskep wat die staatsinstansies en talle groot private ondernemings vernietig nie. Samevatting in Engels, verwysings. |