Abstract: | Die ANC regering se Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP, 1994 ) het die raamwerk gevorm waarvolgens beleidvernuwing in Suid-Afrika sou plaasvind. As beleidraamwerk het die HOP 'n aantal basiese behoeftes identifiseer, insluitend water en sanitasie. Hierdie artikel poog om in hierdie vroeë fase die waterbeleid in Suid-Afrika te evalueer en die impak daarvan te bepaal. Die artikel ondersoek 'policy relevant documents' soos wetgewing, beleidstandpunte en -inisiatiewe wat 'n bepaalde beleid bevorder. Klem word hoofsaaklik geplaas op de impak van die Wet op Waterdienste (Wet 108 van 1997) en die Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998). Verwysings, samev. in Engels. |