Previous page | New search |
The free AfricaBib App for Android is available here
Periodical article | Leiden University catalogue | WorldCat |
Title: | 'n Benadering tot finansiële kwesbaarheidsreduksie: finansiële geletterdheidsopvoeding binne 'n maatskaplike ontwikkelingsparadigma = An approach to financial vulnerability reduction: financial literacy education within a social development paradigma |
Author: | Engelbrecht, L.K. |
Year: | 2009 |
Periodical: | Tydskrif vir geesteswetenskappe |
Volume: | 49 |
Issue: | 2 |
Pages: | 201-218 |
Language: | Afrikaans |
Geographic term: | South Africa |
Subjects: | financial management lifelong education social development |
Abstract: | 'n Beduidende aantal mense in Suid-Afrika, wat in die maatskaplike welsynsisteem geakkomodeer word, toon gebrekkige finansiële begrip en is derhalve finansieel kwesbaar. 'n Relevante benadering om mense se finansiële kwesbaarheid te reduseer binne die maatskaplike ontwikkelingsparadigma kan 'n bydrae tot die land se teen-armoede-strategie lewer en motiveer die doel van hierdie artikel, naamlik om 'n benadering tot finansiële kwesbaarheidsreduksie binne 'n maatskaplike ontwikkelingsparadigma te konstrueer. Die doel word bereik deur die Suid-Afrikaanse maatskaplike ontwikkelingsparadigma te kontekstualiseer, waarna finansiële kwesbaarheid en finansiële geletterheidsopvoeding binne hierdie konteks ondersoek word deur middel van 'n instrumentele kwalitatiewe gevallestudie, bestaande uit tien deelnemers wat by 'n gevestigde nie-regeringsorganisasie (NRO) werksaam is. As uitkoms word kernelemente van finansiële geletterdheidsopvoeding as benadering vir finansiële kwesbaarheidsreduksie binne die plaaslike maatskaplike ontwikkelingsparadigma gekonstrueer. Binne hierdie paradigma is finansiële geletterdheidsopvoeding 'n mikropraktykbenadering wat volgens volwasseneonderrigbeginsels op definitiewe uitgangspunte en perspektiewe gegrond is. Hierdie benadering behels die bewusmaking en deurlopende, lewenslange aanleer van 'n stel multi-dimensionele persoonsgesentreerde lewensvaardighede. Finansiële geletterdheidsopvoeding verwys ook na situasie-relevante kompetensies, wat bestaan uit spesifieke kennis, waardes en vaardighede binne inheemse kulturele verband en is gefokus op mense se vermoë om hulle beskikbare geld te bestuur. Bronnelys, verwysings, samev. in Afrikaans en Engels. [Samevatting uit tydskrif] |