Go to AfricaBib home

Go to AfricaBib home Education in Africa Go to database home

bibliographic database
Line
Previous page New search

The free AfricaBib App for Android is available here

Periodical article Periodical article Leiden University catalogue Leiden University catalogue WorldCat catalogue WorldCat
Title:Die dienskwaliteit van die PUK rugby instituut = The service quality of the PUK Rugby Institute
Authors:Bisschoff, C.A.
Lotriet, R.A.
Year:2009
Periodical:Tydskrif vir geesteswetenskappe
Volume:49
Issue:2
Pages:266-286
Language:Afrikaans
Geographic term:South Africa
Subjects:rugby
universities
Abstract:Die besluit van die Noordwes-Universeit se Potchefstroomkampus (ook bekend as die PUK) om 'n rugby-instituut in die lewe te roep in 2000, was nie net 'n positiewe stap vir rugby op die PUK nie, maar ook vir rugby in Suid-Afrika. Die PUK Rugby Instituut (PRI) is die eerste rugby-instituut in Suid-Afrika wat deur 'n universiteit daargestel is. Die kliënte van die PRI bestaan uit studentespelers wat hoë verwagtinge koester van die PRI om die nodige ontwikkelingswerk te doen op sport sowel as akademiese terrein. Nieteenstaande die wye betrokkenheid en werksaamhede van die PRI, is 'n belangrike komponent in bestuur dié van kliëntediens om verdere sukses en bemarkingspotensiaal van potensiële spelers te realiseer en te ontwikkel. In 2002 is empiriese navorsing ingespan om die kliënte (spelers) se tevredenheid te toets. Daar is ook 'n vergelyking getref tussen sogenaamde Prioriteitspanne van die PRI en Nie-prioriteitspanne. Die dienskwaliteit is gemeet by al die spanne en die diensvlakke kan as bevredigend beskryf word. Veral die Prioriteitspanne evalueer die diens van die PRI as uitstekend. Spelers is bae positief, en dit is alom bekend dat die PRI uitstekende resultate op die rugbyveld behaal. Dit is daarom nie 'n verrassing dat die belangrikste faktor wat geïdentifiseer is, dié is van die afrigter en sy afrigtingspan nie. Bronnelys, samev. in Afrikaans en Engels. [Samevatting ASC Leiden]
Views
Cover