Previous page | New search |
The free AfricaBib App for Android is available here
Periodical article | Leiden University catalogue | WorldCat |
Title: | Musiek en kulturele diversiteit in Suid-Afrika = Music and cultural diversity in South Africa |
Author: | Lüdemann, Winfried |
Year: | 2009 |
Periodical: | Tydskrif vir geesteswetenskappe |
Volume: | 49 |
Issue: | 4 |
Pages: | 639-657 |
Language: | Afrikaans |
Geographic term: | South Africa |
Subjects: | music cultural pluralism |
Abstract: | Hierdie artikel gaan uit van die mening dat die politieke versoening, wat tot die vestiging van demokrasie in Suid-Afrika gelei het, nie gepaardgegaan het met 'n ooreenkomstige versoening op die sosiale en kulturele terreine nie. Hierdie 'onafgehandelde besigheid' gee toenemend aanleiding tot spanning op allerlei vlakke. Ook op die gebied van musiek - veral in die openbare media, die onderwys en die toedeling van fondse - is hierdie probleme merkbaar. Om die bydrae te ondersoek wat musiek kan maak tot versoening van die soort konflik wat potensieel met kulturele diversiteit gepaardgaan, word dit gekoppel aan die begrip menswaardigheid, gebaseer op die opvatting dat musikaliteit 'n universele kenmerk is wat met die evolusie van homo sapiens na vore gekom het. Met musiek (soos met taal) artikuleer die mens sy menswees en dus sy menswaardigheid. Met verwysing na moderne ekumeniese teologie word daar tot die gevolgtrekking gekom dat 'n versoening van musikale (en by implikasie ook kulturele) diversiteit slegs op die basis van menswaardigheid en vanuit 'n houding van selfkritiek bereik kan word. Vanuit 'n posisie van selfkritiek word dit moontlik om elkeen se reg te erken om sy eie musikale identiteit te kies terwyl die verskillende musiekstyle terselfdertyd aan kritiek onderwerp kan word. 'n Musikale (en intellektuele) middelgrond word bepleit waar die verskillende musiekstyle met mekaar in interaksie kan tree sonder om noodwendig hulle eie estetiese paradigmas te moet prysgee. Demokrasie verskaf die mees geskikte raamwerk waarbinne dit kan plaasvind. Sodanige musikale versoening sou as 'n belangrike model kon dien vir 'n veel breër kulturele versoening. Bronnelys, verwysings, samev. in Afrikaans en Engels. [Samevatting uit tydskrif] |