Go to AfricaBib home

Go to AfricaBib home Africana Periodical Literature Go to database home

bibliographic database
Line
Previous page New search

The free AfricaBib App for Android is available here

Periodical article Periodical article Leiden University catalogue Leiden University catalogue WorldCat catalogue WorldCat
Title:Was die Groot Trek werklik groot? 'n historiografiese ondersoek na die gevolge en betekenis van die Groot Trek = Was the Great Trek really great? A historiographical inquiry into the consequences and significance of the Great Trek
Author:De Klerk, Pieter
Year:2009
Periodical:Tydskrif vir geesteswetenskappe
Volume:49
Issue:4
Pages:658-673
Language:Afrikaans
Geographic term:South Africa
Subjects:Great Trek
historiography
Abstract:Sedert die laat negentiende eeu het historici die gevolge en betekenis van die Groot Trek bespreek. Daar kan verskillende hooftendense in die interpretasies onderskei word. Daar is eerstens die vroeë beskouing dat die Trek die beskawing in suidelike Afrika uitgedra het. Tweedens is daar die siening van Afrikaanse historici dat die Groot Trek die totstandkoming van die Afrikanervolk moontlik gemaak het. Derdens het lede van die liberale skool van historici die Trek beskou as 'n ontvlugting van progressiewe Britse beleidsmaatreëls in die Kaapkolonie; dit was 'n ramp vir die ontwikkeling van Suid-Afrika. Vierdens is daar die siening van die radikale skool dat die Groot Trek 'n fase was in die uitbreiding van kapitalisme en kolonialisme in Suid-Afrika. Vyfdens is daar die resente opvatting dat die Groot Trek net een van verskeie migrasies in Suid-Afrika was en nie uitgesonder kan word as van besondere betekenis nie. Sesdens beskou latere Afrikaanse geskiedskrywers die Trek as 'n gebeurtenis met uiteenlopende gevolge. Dit blyk dat historici steeds beïnvloed is deur tydsomstandighede in hul beklemtoning van bepaalde gevolge van die Trek. Sommige van hul stellings oor die langtermyngevolge van die Trek is spekulatief en kan moeilik bewys word. Gesien binne die perspektief van die huidige tydsgewrig was die Groot Trek primêr deel van 'n omvattende proses van verwestering en modernisasie in suidelike Afrika. Alhoewel dit nie as dié sentrale gebeurtenis in die geskiedenis van Suid-Afrika gesien kan word, soos vroeër dikwels beweer is nie, is dit tog een van 'n klein aantal sleutelgebeurtenisse in die geskiedenis van die land. Bronnelys, verwysings, samev. in Afrikaans en Engels. [Samevatting uit tydskrif]
Views
Cover