| Previous page | New search |
The free AfricaBib App for Android is available here
Periodical article |
| Title: | Vrouejeugboekskrywers oor die Ango-Boereoorlog: realisme en versoening na dekades van avontuur en nasionalisme = Women authors of youth fiction on the Anglo-Boer War: realism and reconciliation after decades of adventure and nationalism |
| Authors: | Van der Walt, Thomas Nieman, Marietha |
| Year: | 2009 |
| Periodical: | Tydskrif vir geesteswetenskappe |
| Volume: | 49 |
| Issue: | 4 |
| Pages: | 674-687 |
| Language: | Afrikaans |
| Geographic term: | South Africa |
| Subjects: | Anglo-Boer wars youth literature women writers |
| Abstract: | Die Anglo-Boereoorlog het 'n baie belangrike invloed op die geskiedenis van die Afrikaner gehad en is as tema ook goed verteenwoordig in die Afrikaanse literatuur vir volwassenes. Aan die ander kant het daar relatief min jeugboeke met hierdie oorlog as tema verskyn. Die moontlikhede wat dié oorlog, waaraan soveel kinders aktief deelgeneem het, aan outeurs gebied het, is nie in die Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur ontgin nie. Die vlaag nuwe boeke vir volwassenes wat met die honderdjarige herdenking van die oorlog aan die einde van die eeu in Afrikaans verskyn het, het nie in die kinder- en jeugliteratuur gemanifesteer nie. Géén nuwe Afrikaanse kinder- en jeugboeke met hierdie oorlog as tema het na 1990 verskyn nie. Afrikaanse kinders en jongmense het dus nie die voordele geniet wat sulke boeke dikwels vir volwassenes gehad het nie, naamlik waarheid, versoening en die herskepping van die individuele en die kollektiewe. Word die kinder- en jeugboeke wat in die 1980's oor die oorlog verskyn het, van nader beskou, blyk dit dat hierdie boeke aansienlik verskil van die boeke met die oorlog als tema wat voor hierdie tyd gepubliseer is. Dit is opvallend dat hierdie verandering saamval met die tyd toe vroueskrywers vir die eerste keer oor die oorlog begin skryf het. Hierdie artikel bespreek die veranderinge (soos die uitbeelding van karakters, pogings tot versoening, ens.) wat vroueskrywers teweeggebring het. Bronnelys, samev. in Afrikaans en Engels. [Samevatting uit tydskrif] |