Go to AfricaBib home

Go to AfricaBib home AfricaBib Go to database home

bibliographic database
Line
Previous page New search

The free AfricaBib App for Android is available here

Book Book Leiden University catalogue Leiden University catalogue WorldCat catalogue WorldCat
Title:Anderkant Cuito: 'n reisverhaal van die Grensoorlog
Author:Bothma, L.J.ISNI
Year:2011
Pages:183
Language:Afrikaans
City of publisher:Langenhoven
Publisher:L.J. Bothma
Geographic terms:South Africa
Angola
Namibia
Subjects:boundary conflicts
war
1960-1969
1970-1979
1980-1989
South Africans
personal narratives (form)
Abstract:Anderkant Cuito is die verhaal van 'n groep oudsoldate wat teruggaan na ou basisse en slagvelde in Namibië en Angola, waar die Grensoorlog van 1966 tot 1989 gewoed het. Hulle deel herinneringe, onthou makkers, ontlaai, reik uit na ou vyande, maak vriende langs die pad, reis deur die geskiedenis en soek na die waarheid. Hulle is die generasie wat 'n vuur - in 1914 aangesteek en aan die gang gehou deur politici - ver buite die grense van Suid-Afrika moes gaan blus. 'n Reis van 17 dae word uiteindelik 'n reis van meer as 'n 100 jaar deur die verlede. Die toergeselskap maak kennis met geskiedenis wat verswyg is, maar gedurende die Grensoorlog teruggekom het om die Suid-Afrikaanse Weermag aan die hakskeen te byt. So byvoorbeeld was daar die eerste Suid-Afrikaanse militêre operasie op die grens (1917) om die Ovakwanyama koning, Mandume ya Nedemufayo, te elimineer. Die Owambo's het dit nooit vergeet nie en koning Mandume se spook het Suid-Afrikaanse soldate gedurende die Grensoorlog agtervolg, sonder dat hulle dit geweet het. Maar die sluier word ook gelig oor Operasie Firewood (1987), een van die heel bloedigste gevegte van die Grensoorlog, toe SWAPO se PLAN-guerrillas 'n Suid-Afrikaanse aanvalsmag trompop stormgeloop het. Die oudsoldate se reis lei uiteindelik na die veelbesproke Cuito Cuanavale: Wie het gewen? Anders as destyds word die brug by Cuito hierdie keer oorgesteek. Anderkant Cuito is waarheid, bevryding en verligting. Maar die pad lê gesaai met wrakke en geraamtes… Anderkant Cuito - 'n reisverhaal van die Grensoorlog, is drie reise in een: 'n fisiese reis van plek tot plek, 'n reis deur die geskiedenis, maar bowenal 'n kopreis wat die leser by 'n nuwe bestemming uitbring. Die Grensoorlog word deur 'n ander bril beskou as die een wat politici en generaals vir die soldate, hulle ouers en geliefdes opgesit het. Miskien is hierdie die belangrikste reis in die lewens van duisende wat steeds vra: Vir wat…? Wie behoort die boek te lees? Almal wat direk en indirek by die Grensoorlog betrokke was, in die geskiedenis belangstel en die waarheid oor dié oorlog wil weet. Dit is 'n lekkerlees boek vir diegene wat graag self 'n reis deur die ou grensgebied wil onderneem, maar om welke rede ookal nie kan nie. [Samevatting uit boek]